Find in Library
Search millions of books, articles, and more
Indexed Open Access Databases
Die leer van Calvyn oor die sekerheid van die geloof
oleh: P. J. Coetzee
| Format: | Article |
|---|---|
| Diterbitkan: | AOSIS 1980-05-01 |
Deskripsi
Die Reformasie van die sestiende eeu het ten diepste ’n religieuse oorsprong gehad. Dit is uit die diepgevoelde behoefte aan sekerheid van die heil gebore. Baie duidelik spreek dit in die Belydenisskrifte wat die gees van die Hervorming adem. Vergelyk bv. antwoorde 1, 21, 26, 28, 32, 39, 44, 52, 54 en so meer van die Heidelbergse Kategismus. Daar word dan veral ook gevra na hierdie sekerheid vir die persoonlike lewe. S. van der Linde se aanvoeling is dat die Reformasie se kosbaarste bydrae die feit is dat die geloof "herontdek” is en dat die stryd vir die waarheid van God met die slagspreuk gevoer is: Sola fide!