'n Funksionele benadering tot leierskap in groepsdinamiese verband: Enkele aspekte

oleh: C. W. Bester

Format: Article
Diterbitkan: Scriber Editorial Systems 1976-03-01

Deskripsi

Sedert die vroegste tye in die geskiedenis vervul leierskap 'n belangrike rol in die menslike samelewing. Oor die begrip "leierskap" bestaan daar tans omtrent net soveel definisies as wat daar leiers is, en is daar veral gedurende die huidige eeu heelwat navorsing oor die verskynsel van leierskap gedoen. Sodanige navorsing, wat steeds 'n toename en meer gespesialiseerdheid toon, kom veral op mikro-vlak voor. Wat laasgenoemde betref, is dit by uitstek die groepsdinamika wat as interdissiplinêre studiegebied sigself besig hou met die bestudering van navorsing ten opsigte van onder andere die volgende: leierskap en groepsfunksies; leierskap en roldifferensiasie; invloed, gesag en status van leiers; leierskap en kommunikasie; oorsake van leierskap en terreine van leierskap.