Find in Library
Search millions of books, articles, and more
Indexed Open Access Databases
Henriette Grové 26 September 1922 – 15 Desember 2009
oleh: Heilna Du Plooy
Format: | Article |
---|---|
Diterbitkan: | Tydskrif vir Letterkunde Association 2017-10-01 |
Deskripsi
Almal wat skryf, kan skrywers genoem word. Daar is egter skrywers wat lewenslank intens skryf en bly skryf, wat ook verskillende soorte werke skryf soos wat die gees hulle lei en hierdie mense behoort tot ‘n spesifieke kategorie skrywers. Hulle is skrywers omdat skryf by uitstek die manier is waarop en waardeur hulle die lewe benader en ervaar. Deur te skryf probeer hulle helderheid kry, probeer hulle insig verwerf. Ook is dit deur te skryf wat hulle die beperkinge van die menslike bestaan en die werklikheid verwoord en ondersoek en uiteindelik (miskien) aanvaar.