Find in Library
Search millions of books, articles, and more
Indexed Open Access Databases
Hoofstukke uit die voor- en vroeë geskiedenis van die SAW
oleh: Jan Ploeger
Format: | Article |
---|---|
Diterbitkan: | Stellenbosch University 2012-02-01 |
Deskripsi
Op 31 Mei 1902 het 'n driejarige, van die begin af ongelyke militere worstelstryd in Suid-Afrika ten einde geloop. Hierdie kragmeting het die oorwinnaar op die slagveld ongeveer 22,000 soldate en £250,000,000 (R500,000,000) aan oorlogsuitgawes gekos. Aan Boerekant is meer as 34,000 menselewens, waarvan die van ongeveer 26,000 vroue en kinders in die konsentrasiekampe, betreur. Die Britse ideaal, 'n staatkundig verenigde Suid-Mrika onder die Union Jack, is verwesenlik. 'n Verarmde en uitgedunde bevolking van twee voormalige vrye en onafhanklike Voortrekkerrepublieke het die ondergang van hul state wat uit die ideale van hulle doelbewuste voorouers voortgekom het, innig betreur.