Hoë frekwensie-timpanometrie

oleh: Izak S. Hay

Format: Article
Diterbitkan: AOSIS 1983-12-01

Deskripsi

Die doel van die studie was om vas te stel of hoë frekwensie (600Hz) timpanometrie van meer diagnosties waarde as lae frekwensie (220Hz) timpanometrie is. As kontrolegroep is 96 normale ore gebruik. As eksperimentele groep is 70 ore met 'n verskeidenheid van middeloorpatologieë gebruik. Die resultate dui daarop dat hoë frekwensie-timpatanometrie slegs van meer diagnogstiewe waarde is, wanneer daar sprake van hiper-beweeglike middeloorstelsel is soos bv. by dislokasie van die ossikels. Die voorkoms van timpanogramme met negatiewe piekwaarrdes by hoë frekwensie-timpanometrie blyk van groot waarde te wees by die onderskeiding van 'n dislokasie en 'n slap oordrom. Die rigting van drukverandering het geen diagnostiese waarde getoon nie.