Abraham Kuyper as kerkregkundige

oleh: C. J. Smit

Format: Article
Diterbitkan: AOSIS 1989-05-01

Deskripsi

As partyman was Kuyper onbetwis Abraham die Geweldige. As kerk­regkundige was hy die man vir sintese, die man wat teenstellende filosofiee en teologiese strominge met sy verstommende intellektuele vermoe kon absorbeer en dit dan tot ’n nuwe weg kon verwerk. Hierin lê Kuyper se oorspronklikheid: dat hy deur sintese uit teenstrydige gedagterigtings ’n nuwe weg na die ou Gereformeerde kerkreg kon aantoon en dat hy na die eise van sy tyd op die ou leer kon voortbou.