Find in Library
Search millions of books, articles, and more
Indexed Open Access Databases
T.T. Cloete en die omdigting van die Psalms
oleh: M. Venter
| Format: | Article |
|---|---|
| Diterbitkan: | AOSIS 1996-06-01 |
Deskripsi
Sedert 1989 is T.T. Cloete saam met ander digters werksaam aan die omdigting van die Psalms - ’n taak wat, soos hy self sê, ’n nuwe dimensie in sy lewe ingedra het, maar ook ’n taak wat buitengewone eise stel: eksegeties en hermeneuties moet die Skrifgegewe in die omdigting met omsigtigheid vertolk word, die struktuurpatrone van die grondtaal moet nie onnodig versteur word nie en die eindproduk moet musikologies en harmonies aanvaarbaar op die oor val. In hierdie opsig is die bestaande Geneefse melodie soms ’n verdere dwangmeester wat die verslengte en die strofebou bepaal. Waar ook die melodie in berekening gebring moet word, moet hierdie ‘ruimte’ sinvol ‘ingevul’ word met Skrifgetroue inhoud. En wat poëties, semanties en taalkundig ‘normaal’ is, is nie altyd singbaar nie - die omdigtings moet uiteindelik in aldagtaal gesing word. Woorde, betekenisnuanses, verse en lettergrepe moet dus letterlik en figuurlik geweeg en getel word.